’n Aand van ligte musiek wat in elkeen se smaak sal val
Kom wees deel van ’n ongelooflike aand.
’n Aand propvol musiek vir die hele gesin is waarna jy hierdie Saterdag kan uitsien. Kom luister na Hanco,’n jong talentvolle sanger op 28 Februarie om 7nm by Hoërskool Dinamika, Brackenhurst.
Hanco skryf sy eie musiek en is ’n kontrak by Gresham Musiekmaatskappy aangebied om sy CD vry te stel.
Vyf jong kunstenaars, en wenners van die All Starr Musiektalentkompetisie, spog ook met hul talent hierdie aand. Die Cantare Kinderkoor, asook die Colla Voce Jeugkoor, gaan die gehoor wys dat dié kore nie net ernstige musiek sing nie.
Kom wees deel van ’n ongelooflike aand.
Kaartjies is R50 vir skoliere en pensionarisse en R80 vir volwassenes.
Veilige parkering word verskaf en toegang by die hek is R5 per motor.
Kaartjies is by die deure beskikbaar vanaf 6.15nm, maar om lang rye te vermy kan die kaartjies vooraf bespreek word by 082 257 1407.



