Ernie vermaak Emmanuel met sy silwer stem
Die volgede byeenkoms word op 19 Maart gehou. Vir verdere navrae kontak Marelie Rabie gedurende kantoorure by 011 864 1285.
Al die afgetredenes het met blink oë in die kerk gewag. ‘n Mens kon ‘n speld hoor val.
Herman Coetzer het die verrigtinge vir Emmanuel op 20 Februarie met skriflesing en gebed geopen en Marelie Rabie, die voorsitter, het almal verwelkom. Daarna het Ernie Bates aan die beurt gekom.
Hierdie singende jong man het almal op die punte van hulle stoele gehad.
Daar was regdeur applous vir talentvolle Ernie.
Na die lieflike sang het almal rustig en vrolik hulself met heerlike eetgoed en ‘n ietsie te drinke in die saal bederf.
Die volgede byeenkoms word op 19 Maart gehou.
Vir verdere navrae kontak Marelie Rabie gedurende kantoorure by 011 864 1285
Verskaf deur Hanta Schutte



