Local newsNews

VLU Sonskyn-tak in pienk getooi

VLU Sonskyn-tak het vergader met al die dames wat pienk gedra het.

Op 20 Januarie was dit weer eens ‘n heerlike en interessante vergadering. Die dames het uitgehang met heerlike verversings en ‘n baie interessante (nie siende) spreker, Marthie de Klerk.

Sy het beïndruk met haar kundigheid oor tegnologiese kennis en benutting en sy het selfs by die kleurtema aangepas deur ook pragtig in pienk op te daag.

Die nuwe bestuur is ook weer eens verkies vir 2014 en die dames sê dankie aan Susie du Plooy, streeks-ondervoorsitter wat die procedure behartig het. Alle dames is welkom om die volgende vergadering op 24 Februarie in die N.G. Kerksaal, Graylaan, Verwoerdpark om 10:00 by te woon. Estelle Visser van die DA sal as spreker optree en ons meer inlig oor die politieke geskiedenis en haar eie betrokkenheid by die politiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button