Local newsNews

Na 50 jaar blom die liefde nogsteeds

Tienie en Bennie het hulle liefde aan mekaar beloof in 1970.

“Die beste raad vir ’n lang en suksesvolle huwelik is om mekaar te vertrou,” het Bennie (70) en Tienie (69) Bezuidenhout van Brackendowns gesê.

Die egpaar vier op 20 Maart hulle 50ste huweliksherdenking.

“Ons het sopas terug gekom van ’n vakansie in Namibië en gaan ons huweliksherdenkingdag rustig saam vriende en familie vier,” het Tienie gesê.

Tienie en Bennie het hulle liefde aan mekaar beloof in 1970.

Hulle woon hulle lewe lank al in Brackendowns en spog met drie kinders en drie kleinkinders.

Deur siekte en goeie en swaar tye het hulle bymekaar gestaan en bewys dat ’n huwelik kan 50 jaar hou deur geloof en liefde.

Bennie is a bobaas hengelaar en Tienie se hande staan staan vir niks verkeerd nie; sy is altyd daar om enigiemand by te staan.

Lenie du Venage, ’n vriendin van die Bezuidenhouts, het gesê dat Tienie soos ’n moeder vir haar is.

“Sy is altyd daar as die nood op sy ergste druk. Ek wil graag ook die geleentheid gebruik om hulle geluk te wens met hulle 50ste huweliksherdenking en ek wens net mooi dinge vir hulle vorentoe. Hulle is definitief ’n voorbeeld vir baie ander getroudes,” het Lenie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button