Local newsNews

Ma verkoop wasbare gesigmaskers

“Die maskers beskerm jou teen mense wat hoes en nies en as mens se neus jeuk kan jy hom krap sonder om direk aan jou vel te raak. Let asseblief daarop dat ek glad nie sê dat my maskers jou 100 persent teen die virus kan beskerm nie,” het Michelle vertel.

Michelle Mostert van Raceview het onlangs haar eie maskers begin maak.

Dit nadat sy gesien het daar is ’n behoefte aan maskers weens die uitbreek van die koronavirus.

“So daar is ’n te kort aan dinge wat kan help om die virus te help bekamp en ek het een aand in my bed gelê en gedink oor hoe ek my gesin kan help met die geld wat ek het.

“Ek is tans agt maande swanger en het alreeds vier kinders,” het Michelle gesê.

Volgens haar is meeste maskers al uitverkoop en as jy ’n masker te koop kry betaal jy omtrent ’n arm en been daarvoor. Dit vir iets wat jy net nou gaan weggooi.

“Ek het aanlyn ondersoek ingestel oor die maskers en dit bied 60 tot 75 persent beskerming.

“Die maskers beskerm jou teen mense wat hoes en nies en as mens se neus jeuk kan jy hom krap sonder om direk aan jou vel te raak. Let asseblief daarop dat ek glad nie sê dat my maskers jou 100 persent teen die virus kan beskerm nie,” het Michelle vertel.

Sy het toe begin ondersoek instel oor watse tipe materiaal sy kan gebruik om haar eie maskers te maak wat herbruikbaar is.

“My maskers is gemaak van ’n dubbel laag, 100 persent katoen en is wasbaar. Dit is belangrik vir mense om te weet dat my maskers jou nie teen die virus gaan beskerm nie, maar dit maak jou gesig toe en iets op jou gesig is beter as niks,” het sy gesê.

Sy verkoop nou sewe maskers vir R100 en sy maak dit in verskillende kleure en patrone.

“My kinders lief die maskers en na ’n dag se gebruik was ek dit met warm water en seep en laat dit droog word.”

Belangstellendes kan haar by 081 351 5342 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button