‘n Groot dankie uit Alberton Noord vir al die noodsaaklike werkers
Dankie aan elke noodsaaklike werker - jul opofferings word hoog op prys gestel,
Die onbaatsugtige werk van noodsaaklike dienste gaan steeds nie ongesiens verby nie.
‘n Alberton Noord gesin in Hendrik Potgieterstraat het besluit om op hul eie manier dankie te sê vir almal wat tydens inperking werk.
Mariëtte Wessels, haar aanstaande skoondogter Chanè Fivaz, en haar dogter Amorey Wessels het besluit om ‘n groot banier te maak.
“Ons wil net graag hê dat al die noodsaaklike werkers moet weet dat hulle opofferings waardeer word en dat ons uit ons harte wil dankie sê vir hulle.
“Ons hoop dat dit hulle op ‘n manier sal aansporing gee deur hierdie moeilike tyd,” het Mariëtte gesê.



