Local newsNews

Mannekoorfees in Brackenhurst

Manlike samesang is by die N G Kerk gevier.

DIE Alberton mannekoor het ‘n tyd gelede met die tradisie begin en op Sondag 22 Junie was dit hul tiende manlike stemfees met verskeie kore.

Kore van Pretoria, Heidelberg en Potchefstroom het opgetree. Vanjaar vir die eerste keer was daar ‘n swart mannegroep van Zola Metodiste kerk.

Volgens Bennie Bierman, koorleier van die Alberton koor, was die fokus vanjaar op koorleiers in Suid-Afrika wat ‘n verskil gemaak het.

Twee mans is vereer: Philip McLaclan, stigter van die Universiteit van Stellenbosch-koor, en Khabi Mngoma, stigter van die Departement Musiek van die Universiteit van Zululand in 1975.

Khabi beoordeel saam met Bennie in die Departement van Nasionale Opvoeding om waardige kandidate te vind wat oorsee gestuur kan word.

Bennie het hom jare gelede genooi om deel te neem as ‘n beoordelaar by die SABC musiekprys wedstryd.

Het jy geweet? Khabi is die vader van die bekende sanger, Sibongile Khumalo.

Gallery to follow…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button