RONNIE en Audrey Retief vier op Junie 27, 2014 hul goue bruilof.
Hulle is vir die afgelope 40 jaar inwoners van Alberton. Verlede jaar het hulle die groot huis verkoop en ‘n kleiner meenthuis gekoop.
Uit die huwelik is twee seuns en drie kleinkinders gebore.
Hulle sê: “Deur die jare was daar moeilike tye, maar met volharding en met die hulp van bo, kan ons nou terugkyk en besef dat ons dit nooit anders sou wou gehad het nie.”
Die dag word saam met familie en vriende deurgebring.
Instructions: Please deep edge picture



