CUM Boeke ‘Versprei die Woord’ in Alberton
CUM Boeke het onlangs Bybels in Alberton oorhandig.
ALBERTON – CUM se Versprei die Woord veldtog is een van die CUM Boeke se Gee Om projekte. Kliënte is oor die Paastyd gevra om Bybels te skenk. CUM het vir elke Bybel wat deur ‘n kliënt geskenk is ook ‘n Bybel geskenk.
Die Bybels wat ingesamel is, word vandeesmaand aan instansies reg oor Suid-Afrika oorgehandig, en so ook in Alberton.
Die Bybels is aan LewenSentrum oorhandig en tydens die Mini-Miracles welsynsprojek uitgedeel aan minder bevoorregte persone in Alberton.
Volgens CUM Boeke se woordvoerders was die Versprei die Woord veldtog ‘n groot sukses.



