Community AnnouncementsLocal newsNews
NG Kerk Brackenhurst hou weer kermis
Die NG kerk Brackenhurst, Alberton, geleë op die hoek van Hennie Alberts en Leverstrate, hou die jaarlikse Kermis op 30 Augustus om 9:00.
ALBERTON – Dit gaan ‘n dag vol prettigheid wees. Daar sal heerlike kerrie en rys, jaffels, boereworsrolle, pannekoek en ander kosse te koop wees.
Daar sal interessante stalletjies wees, asook hope speletjies en pret om kinders se dag mee op te helder.
Bring die hele familie en kom geniet die dag. Vir meer inligting oor die dag en al die bedrywighede kan lesers Annemarie op 011 867 3623 kontak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



