Local newsNews

Jongmense raak betrokke by Hospice

Drie meisies het inisiatief geneem en hul plaaslike Hospice gehelp.

ALBERTON – Drie leerlinge van Hoërskool Dinamika het verlede week gewys hoe jongmense ook betrokke kan raak by gemeenskapsprojekte om so ‘n verskil in hul medemense se lewens te maak.

Clorinda van Blerk, Jenilee Robinson en Renique Venter (voor) het op eie inisiatief sakke vol tweedehandse klere bymekaar gemaak en aan die Stepping Stone Hospice & Care Services in New Market Park geskenk.

Vrywilligers by die Hospice verkoop die klere en fondse wat so ingesamel word, en dit word dan vir die aankoop van medikasie gebruik.

Personeel by die Hospice het die meisies toegespreek en hulle toegerus met ‘n beter insig oor die werksaamhede en die rol van ‘n Hospice binne ‘n gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button