Local newsNews

Betel Kerk se jaarlikse fondsinsameling

FONDSINSAMELING: Die Betel kerk het onlangs hul jaarlikse fondsinsameling saam met motorfietsklubs gehou

ALBERTON – Die Betel Kerk het elke jaar ’n fondsinsameling wat hulle saam met motorfietsklubs aanpak.

Hierdie jaar het hulle onbederfbare kos en toiletware vir ’n ouetehuis in Boksburg ingesamel.

Hierdie is die vierde jaar wat hulle saamspan vir hul jaarlikse gemeenskapsprojek. Die motorfietsklubs wat hierdie jaar betrokke was, was Fox on the run, PPK Klein Begin, Skeleton MCC East Rand, CMA Vereeniging en Undaunted Central Club.

Die motorfietsklubs het ook ’n ontbyt saam geniet voor hul ‘n oggenddiens by die Betel Kerk bygewoon het.

Daar is wel nog kans om donasies te maak en vir diegene wat ‘n skenking wil maak kan Johnny bel op 083 259 5932 of vir die Betel Kerk ’n epos stuur na kantoor@betel.co.za

Daar is ook vanjaar 40 komberse deur ‘n anonieme persoon geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button