Local newsNews

ATKV vereer Alberton inwoner

ALBERTONNER VEREER: 'n ATKV Toekenning is aan mnr. Alf Spinner oorhandig vir 27 jaar se herstelwerk van trekklaviere.

ALBERTON – ATKV Centurion Musiekforum het die afgelope naweek tydens ‘n geselligheid by Thabong Conference & Wedding Venue in Brakpan, gelukwense aan Alf Spinner oorgedra vir 27 jaar se herstelwerk en restourasie van trekklaviere.

Die voorsitter Sakkie Kotze het hom bedank vir sy bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur sy herstelwerk en restourasie van trekklaviere oor ‘n tydperk van 27 jaar.

“U bydrae tot die bevordering van ons kultuur is ‘n belangrike skakel tussen musikant en musiekinstrument. U verenig en verseker die kwaliteitspel van ons trekklavierspelers met ‘n kwaliteitinstrument.”

Alf het baie jare lank trekklavier in sy kerk se musiekgroep gespeel. Hy het nou op 82 jarige ouderdom afgetree en doen nie meer die herstel- en restourasiewerk van trekklaviere nie. Hy het al opgehou tel hoeveel hy die afgelope 27 jaar herstel het, maar dit beloop al ‘n paar duisend instrumente.

Verskeie bekende trekklavierspelers het die geleentheid bygewoon soos Lieb Bester, Theo Erasmus en Willie Jooste. Lieb en Theo is ook lede van die Beoordelaarspaneel van die ATKV se landwye Musiektalentkompetisie vir Senior Burgers. Willie is lid van die ATKV se Musiekforumorkes.

Alf Spinner se bydrae tot die gemeenskap in sy musiekloopbaan en trekklavierrestourasies is nie iets wat net ongesiens verby kan gaan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button