Volkspele beweging se Eeufeesviering
Die Inspan Volkspelelaer nooi alle Vokspelers uit om saam met hulle die Volkspele Beweging se Eeufeesvieringe to vier.
ALBERTON – Die Inspan Volkspelelaer is vanjaar 49 jaar oud. Hulle vier hierdie geleentheid met Behou Afrikaans as tema.
Hulle hou ‘n saamtrek as deel van die Volkspele Beweging se Eeufeesvierings. Dit is vir hul ‘n voorreg om alle Volkspelers, oud en nuwe volkspelers en oud-Inspanlaerlede na die geleentheid te nooi. Dit sal plaasvind by die Boksburg Stadsaal op Saterdag, Augustus 16 van 18:00 tot 22:00.
Vir meer inligting kontak Ria Kasselman op 072 630 7063, Pieter Jansen van Rensburg op 083 455 6499 of Marita van der Walt op 074 116 5497.



