Navi Redd: Stemme vir ons stad
Die Kairos Teater-inisiatief ten bate van MES en ander projekte in die stad vind plaas op Vrydag 15 Augustus van 19:00. Die gemeenskap kan kom saamkuier tydens hierdie geleentheid met die uitsonderlike talent van Navi Redd wat as kunstenaars gaan optree.

ALBERTON – Toeskouers kan ‘n piekniekmandjie saambring en lekker om tafels kuier, terwyl die manne met die mooi stemme hulle vermaak. Dit is ‘n mengsel van stem, klank, humor en energie wat jy nie mag misloop nie.
Versnaperinge sal te koop wees by die City Lounge koffiewinkel op die perseel.
Vir meer inligting of besprekings, kontak Doxa Deo kantoor: 011 867 5954 of besoek die webwerf www.doxadeo-meyersdal.co.za Kaartjies kos R 100 per persoon.



