Alberton Aftree-Oord se tuine word verder verfraai
Die Alberton Damesklub het op Augustus 21 ‘n boom aan die Alberton se Aftree-Oord geskenk.
ALBERTON – Die goed versorgte tuine van die Aftree-Oord het onlangs twee jong bome ontvang; die eerste was van die VLU Sonskyntak, wat jaarliks ’n boom aan Alberton skenk.
Die Alberton se Damesklub het ’n laventelboom geplant om die tuine verder te verfraai. Dit is die eerste keer dat die Damesklub ’n boom skenk, maar hul voorsitter Dr. Trix van der Walt sê dit sal seker nie die laaste keer wees wat hul ’n boom skenk nie.
Sy verduidelik verder dat dit vir die Klub belangrik is om lewe te wek en sien die nuwe boom as simbolies van geestesverryking en lewe.



