Editor's choiceLocal newsNews
Mylpale gevier met verjaarsdae
Maria Elizabeth Fourie het onlangs haar 99ste verjaarsdag gevier. Haar dogter Barbara de Beer, wat op dieselfde dag verjaar, het haar 74ste lewensjaar gevier.
ALBERTON – Maria woon in die Alberton Ouetehuis, en Barbara woon in die Stillerus Aftree-oord, op dieselfde terrain.
Maria woon al 10 jaar in die ouetehuis. Barbara het ‘n jaar gelede saam met haar man Hendrik ‘n huis by Stillerus Aftree-oord gekoop.
Maria het ses kinders, waarvan twee oorlede is, 17 kleinkinders en 20 agterkleinkinders en drie agter-agterkleinkinders.
In totaal is hierdie familie vyf generasies sterk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



