Alberton Hoërskool se Oktober familiefees
Alberton Hoërskool hou op 4 Oktober ‘n Oktober familiefees.
ALBERTON – Die fees vind op hul A rugby veld plaas, van 9:00 tot middernag. Kaartjies kos R50 vir die dag en veilige parkeering sal beskikbaar wees teen R20. Kaartjies kan by die skool gekoop word, voor die tyd en ook op die dag.
Daar is hope pret wat vir die dag beplan word. Daar sal kosstalletjies wees, handgemaakte goedere sal verkoop word, ‘n biertent, ‘n touch rugby toernooi, ‘n ‘colour fest’ vir oud en jonk, Metro polisie honde-eenheid opvoering, sangers en ‘n groot skerm waar die rugby gekyk kan word.
Kontak asseblief vir Charmaine Bierman op Charmaine@alliemail.co.za of 011 869 7224 vir meer inligting.
Hulle het ook nog nog plek vir stalletjies teen R250 per stalletjie.



