102 jaar gespaar
Hannie Botha is op 20 Oktober bederf met ‘n pragtige koek en menige besoekers vir haar 102de verjaarsdag.
ALBERTON – Hannie Botha spog met ses kinders, 12 kleinkinders, 8 agterkleinkinders en 1 agter-agterkleinkind.
Sy bly saam haar twee dogters, Dorie en Hannie Botha, in Florentia, Alberton.
Haar seun, Mark Botha, is op 3 Julie oorlede maar het tot en met sy dood ook in die huis gewoon. Albei sy susters vertel hoe hy altyd sy ma gehelp het en watter steunpilaar hy vir hul familie was.
Gelukkig bly Danie, Mark se seun, langs sy ouma en vul nou sy pa se rol.
Vier van Hannie se kinders was tweelinge gewees, twee susssies en twee broers. Hannie Botha wie saam met haar ma leef, is een van die tweelingdogters.
Hannie is al vir 58 jaar in Alberton woonagtig.
Yvonne Thoressan, ‘n oud-buurvrou, onthou hoe Hannie altyd in die tuin gewerk het. Hulle het omtrent 21 jaar terug langs mekaar gewoon in Eerstelaan in Florentia, en is steeds in kontak met mekaar.
Die familie het in Viljoenskroon op ‘n plaas gewoon, voordat hul in Alberton kom woon het. Hannie se man, Hermanus Manie Botha, het op die plaas gewerk.
Tisha de Beer het vir Hannie ‘n pragtige koek gebak en versier vir haar verjaarsdag. Die koek is versier met ‘n foto van Hannie en haar agterkleinkind, Daniel Botha. Daniel is Danie se seun.



