Martha vier 100ste verjaarsdag
Martha Maria Magdalena Müller is gebore op 23 November 1914, een van 10 kinders.
ALBERTON – Sy het haar 100-jarige verjaarsdag saam met haar kinders, familie en vriende by die Promise Grill in Meyersdal gevier.
Wat merkwaardig is, is dat al drie haar kinders nog leef en hulle kon die dag saam met haar spandeer.
Sy woon in Brackenhurst by haar dogter Martie Spinner. Daar was vyf generasies teenwoordig by haar verjaarsdagvieringe.
“Van almal van ons af wil ons net sê ons is baie lief vir haar, en dat ons haar net verdere geseënde jare toewens,” het Anton Müller en haar familie bygevoeg.



