Ligstad se gesinne word bederf
Die NG Gemeente Alberton-Oos se dames het 10 van Ligstad Naskoolsentrum se gesinne bederf met Kersfeespakkies vir die Kersseisoen.
ALBERTON – Baie moeite is gedoen om die nie-bederfbare produkte te verpak volgens die behoeftes van elke gesin en Trix Schutte, Ligstad se Naskoolserntrum koördineerder, het die pakkies in ontvangs geneem tydens die oggenddiens van die gemeente op Sondag, 7 Desember.
Die pakkies is die volgende dag aan die gesinne oorhandig en elke gesin getuig van onmiddellike nood wat aangespreek is deur die oop harte en hande van die gemeente.
Ligstad se opregte dank word oorgedra aan Eljo Potgieter en haar span van die NG Gemeente Alberton-Oos
Alida Jooste en die Ligstad span wens Ligstad se ondersteuners en vriende ‘n baie geseënde Kersstyd toe en bid dat God se ryke seën oor die gemeenskap van Alberton sal strek.
Ligstad neem ‘n welverdiende ruskansie en sal gesluit wees vir die vakansie van Maandag,15 Desember tot 12 Januarie 2015.



