Local newsNews

Vrywilligers dringend gesoek

Die jaar het vir Ligstad op ‘n hoogtepunt begin met die naskoolsentrum wat van die eerste dag wat die skole heropen het, vol was.

ALBERTON – “‘n Vol naskool is ‘n seën uit God se hand,” sê Alida Jooste, maatskaplike werker en programbestuurder van Ligstad. “Dit beteken dat die projek die gemeenskap van Alberton-Noord binne hierdie deel van Ligstad se bediening, maksimaal kan bedien. Soos die gemeenskap van Alberton egter bewus is, funksioneer die projek grootliks met die hulp van vrywilligers vanuit die gemeenskap, wat graag wil diens doen binne hulle gemeenskap.”

Met die vol naskool is Ligstad afhanklik van genoeg vrywilligers. Genoeg vrywilligers dra daartoe by dat individuele aandag aan die kinders gegee kan word wanneer hulle huiswerk doen.

Die gemeenskap word versoek om Alida Jooste te bel by 079 693 3666 indien hulle beskikbaar is om hul tyd te gee in diens van Alberton deur betrokke te raak by Ligstad as ‘n vrywilliger. “Geen kwalifikasie is nodig om deel te raak van die projek nie, behalwe ‘n gewillige hart en ‘n behoefte om tot diens te wees,” sê Alida.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button