Local newsNews

Helpende Hand hou Winterfees

Die seisoen begin eersdaags draai en met die winter op pad, loods Helpende Hand Gauteng-Suid reëlings vir ‘n groot Winterfees.

Hierdie feestelikheid op Saterdag, 16 Mei, by die pragtige klipkerk in Heidelberg, Hendrik Verwoerd Rylaan, Heidelberg beloof om iets vir almal te hê.

Bo en behalwe heerlike eetgoed sal daar slegs tuisgemaakte, unieke, interessante en goeie gehalte produkte by die stalletjies te koop aangebied word.

Stalletjies is beskikbaar teen R250 en uitstallers moet hul eie tafels, stoele en gazebo voorsien.

Met die bespreking van jou stalletjie moet daar kennis geneem word dat dié gelde voor 17 April inbetaal moet wees – geen betaling, geen stalletjie. Bankbesonderhede vir betaling van stalletjies is as volg: SHH Gauteng Suid, FNB Centurion, rekeningnommer: 623 464 282 97, takkode: 250655.

Vir meer inligting bel Judie 083 454 7326.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button