Tuiste vier 40 jaar met groot kermis
Alberton Tuiste vir Bejaardes vier vanjaar hul 40ste verjaardag - 40 jaar van dienslewering aan die Alberton gemeenskap met spesifieke verwysing na die bejaardes in die gemeenskap.

ALBERTON – Ter viering van hierdie mylpaal reël die Tuiste ‘n groot kermis/basaar op Saterdag, 28 Februarie by die tuiste in Pietersfieldstraat, Raceview.
Verrigtinge skop vroegoggend af en besoekers kan reeds van 08:00 af tot 13:00 tussen die stalletjies kom drentel en koop en ‘n ietsie te ete geniet.
Kom maak ‘n draai by die tweedehandse klerestalletjie (jumble sale), die vlooimark met verskeie goedere te koop en kostafels wat die heerlikste happies gaan opdis.
Vir meer inligting kotnak die Tuiste 011 907 8307.



