Blommeklub se kleurvolle oggend
Die dames van die Bracken blommeklub het geleer om pragtige rangskikkings te maak met blare en loof uit hul tuine.

ALBERTON-Die dames van die Bracken blommeklub het ‘n baie insiggewende oggend deurgebring.
Mev Barbara Alberts van die Pretoria Blommeklub het ongelooflike kreatiewe skeppings gemaak met vlas en ander blare en gedemonstreer presies hoe die vrouens loof uit hulle eie tuine kan gebruik. Sy het drie pragtige rangskikkings gemaak.
Die dames het gesorg vir heerlike eetgoed en tee en het lekker gesels voor die rangskikkings wat ingeskryf is vir die kompetisie en deur die beoordelaars geëvalueer is.
Die tema vir die rangskikkings was “verrassing” en die vyf inskrywings was almal baie kreatief.
As jy graag by die Bracken Blommeklub wil aansluit of meer inligting benodig, bel gerus vir Hantie Dreyer by 072 731 5410.



