Local newsNews

Kuier vir verstandelik gestremdes

Sosiale byeenkomste vir die verstandelik gestremdes van Alberton word van 14 Maart af beplan.

ALBERTON – Die doel van die bymekaarkom en sommer net lekker kuier is om ‘n geleentheid vir dié gestremdes te skep waar hulle mekaar beter kan leer ken en vriende in hul eie kringe kan maak.

Dit sal voorlopig op elke eerste Saterdag van die maand om 09:00 by Grant’s Dairy in Jacobastraat, Alberton-Noord plaasvind, met die eerste van die geleenthede geskeduleer vir Saterdag 14 Maart.

Op die perseel is allerlei plaasdiere wat goeie afleiding bied, en indien daar genoeg belang­stelling is, beplan ons ook nou en dan sportdae waarop hulle volleyball, sokker, atletiek en dies meer kan beoefen.

Alle belangstellendes kan vir Elaine kontak op 011 864 4121 (w) of 072 756 2538 of Delene 011 902 8490.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button