Alberton Tuiste vir Bejaardes neem afskeid
Dit was met swaar gemoedere dat die Tuiste vir bejaardes moes afskeid neem van twee susters wat al baie lank daar werk.
ALBERTON- Dit was met tere herrinneringe dat die Alberton Tuiste vir bejaardes afskeid moes neem van twee van hulle staatmakers.
‘n Pragtige oggend met sang en feestelike eetgoedjies het sommige kollegas ‘n knop in die keel gegee. Die susters het drie sielvolle liedere gesing en Dominee de Wet het ‘n paar gevleuelde woorde gespreek.
Sister Nthanthane Elizabeth Mtwalo (Lizzie) werk al 17 jaar by die Tuiste en 48 jaar in verpleging. Sy het haar aftrede aangekondig maar die Tuiste is baie dankbaar dat sy vir twee dae ‘n week sal uithelp.
Josiena Theophista Strauss (Josie) was vir 12 jaar betrokke by die Tuiste en 60 jaar in die veplegingsberoep. Die tuiste is baie jammer om haar ondervinding en kundigheid te verloor en hoop sy sal gereeld ‘n koppie koffie kom drink.
Die Alberton Tuiste vir Bejaardes wens altwee die dames alles wat mooi is vir die toekoms!



