Local newsNews

Smullekker pannekoek

Die tyd het weer aangebreek vir Alberton Aftree-Oord om fondse in te samel en daar is nie 'n beter manier as om smullekker pannekoeke, soos net hulle dit kan opdis, te verkoop nie.

ALBERTON – Skryf sommer nou al die volgende datums in jou dagboek neer en maak seker dat jou bestelling voor 09:00 op die spesifieke Maandag vir jou pannekoeke geplaas is.

Datums om te onthou is 16 en 30 Maart, 13 April asook 4 en 18 Mei.

Bestellings kan ook afgelewer word. Plaas jou bestellings by 011 907 8641.

Moet ook nie vergeet dat die oord op Saterdag 6 Junie weer hul tweejaarlikse kermis aanbied nie. Die “A-Team” sal weer hard werk om besoekers nie teleur te stel nie.

Vir verdere navrae kontak die oord by bogenoemde nommer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button