Local newsNews

Goue Suide vier 20ste konferensie

Die Goue Suide se VLU Distrikskonferensie was Saterdag 14 Maart by Bracken NG kerk en Coert Grobbelaar het die dames verryk met sy pragsang en treffende boodskap.

ALBERTON-Die Goue Suide se VLU Distrikskonferensie het Saterdag 14 Maart by Bracken NG kerk ‘n hoogtepunt bereik.

Die Distrik konferensie het Vrydag reeds begin, maar Saterdag was die dames van 11 takke teenwoordig vir die hoogtepunt van die geleentheid.

Dominee Koen het die verrigtinge geopen met ‘n baie waar woord oor hoe ons lewensvreugde kan bereik.

Die groot, pragtige stem van die Wagner-tenoor Coert Grobbelaar het die saal gevul, en hy het drie pragtige Europese liedere gesing en toe ‘n paar Afrikaanse kunsliedere. Die lied Heimwee het vele hartsnare aangeraak.

Ná Coert gesing het, het hy ook ‘n kort persoonlike boodskap gebring waarin hy die dames van sy reise vertel het en sy soeke na doel en sin in sy lewe, iets wat hy nie regtig ervaar het op die verhoog in Europa nie. Hy het uiteindelik die glans van die operawêreld verruil om terug Suid-Afirka toe te kom om by sy vrou Christine te wees en ‘n gesin te begin.

Vele pragtige werke is in albei die sale uitgestal, en die dames het toekennings ontvang vir hulle pragwerke in verskillende afdelings, onder meer handewerk en blommerangskikkings. Die etenstafels is vrolik gedek en al die gaste het heerlik geëet.

Die Bracken VLU tak het hulle baie goed van hul taak gekwyt as gasvrouens vir die hoogtepunt van die jaar.

As jy deel wil wees van die VLU, bel gerus vir Barbara by 083 457 7023.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button