Local newsNews

Blommeprag

As jy wil leer hoe om met blomme te tower sluit aan by die Bracken Blommeklub.

ALBERTON- Die dames van die Bracken blommeklub is aangespoor om uit die boks te dink met die kreatiewe demonstrasie van Locia Hartzer.

Sy stel voor dat mens net twee of op die meeste drie plante as materiaal moet gebruik as jy ‘n impak wil maak met ‘n rangskikking.

Locia is lid van die Gauteng Flora Unie en die voorsitter van die Demonstrateurspaneel.

Die klub ontmoet op die derde Woensdagoggend van die maand by die Brackenhurst NG kerk in Hennie Albertstraat.

Bel gerus vir Sandra Labuschagne by 083 450 4524 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button