Local newsNews

Mannekoor reik uit

Alberton Mannekoor het 'n fondsinsamelingsprojek geloods waarvan hulle die opbrengs met Stepping Stone Hospice and Care Services gaan deel.

ALBERTON – Gaan maak gerus ‘n draai by Meyersdal Spar om die kruiwa, gelaai met goedere ter waarde van R2 500, te besigtig en jou kaartjie vir die trekking te koop.

Die koor wil van die geleentheid gebruik maak om die eienaar van Meyersdal Spar te bedank vir sy goedhartigheid dat ons ons projek vandaar af kan bemark, en ook die eienaar van Brackenwest Hardeware wat die kruiwa geskenk het.

Die koor doen met vrymoedigheid ‘n beroep op besighede en inwoners in Alberton om betrokke te raak by die projek.

Kaartjies sal by die Meyersdal Spar beskikbaar wees. Jy kan ook met Rienie Venter (083 232 0359) kontak maak vir kaartjies, of indien jy ‘n eenmalige skenking wil maak.

Die trekkingsdatum is 2 Mei om 12:00 by Meyersdal Spar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button