Local newsNews

101-jarige sonstraal

Statige oud-burgermeestersvrou word 101

ALBERTON-Die statige voormalige burgermeestersvrou word vanjaar 101 jaar oud.

Tannie Lenie Engelbrecht is gebore in 1914 in die Rustenburg omgewing op ‘n plaas. In 1955 verhuis sy en haar familie na Alberton toe.

Lenie se man, Flippie Engelbrecht, was burgermeester van Alberton van 1972 tot en 1975 en ook vir een termyn in die tagtigerjare. Oom Flippie is in 1992 oorlede en Tannie Lenie is sedert 2010 in die Tuiste vir Bejaardes woonagtig.

Tot haar 79ste verjaarsdag het Tannie Lenie nog vir die Alberton tuisnywerheid gebak. Sy was een van die stigterslede en was bakker nommer 14. Haar heerlike pasteie en worsrolletjies was ver en wyd bekend.

In haar jonger dae het Tannie Lenie pragtige kinderklere gemaak, veral rokke wat sy verkoop het aan ‘n fabriek. Sy was ook die heel eerste pasiënt van die Unie Hospitaal se destydse nuwe vleuel.

Daleen van den Heever, Tannie Lenie se dogter, woon in Dinwiddie, en haar broer, Hammer Engelbrecht, bly in New Redruth.

Tannie Lenie is nog vol lewe en laggies en ‘n ware sonstraal waar sy haar ook al bevind. Dit was ‘n voorreg om haar en haar dogter Daleen te ontmoet en sy bly ‘n inspirasie vir almal wat sy raakloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button