Local newsNews

Gelukkig saam vir 62 jaar

Drie en sestig jaar gelede ontmoet Hannes en Malene mekaar by Maggies Ballroom Studio en toe hulle eers met mekaar begin dans kon hulle nie ophou nie. Vanjaar vier hulle 62 gelukkige jare as Meneer en Mevrou Groenewald.

ALBERTON- Drie en sestig jaar gelede ontmoet Hannes en Malene mekaar by Maggies Ballroom Studio, en toe hulle eers met mekaar begin dans kon hulle nie ophou nie. Vanjaar vier hulle 62 gelukkige jare as Meneer en Mevrou Groenewald.

Die eerste ding wat Hannes Groenewald my vra toe ek by hulle huis instap in die Alberton Aftree-Oord is of ek saam met hom wil wals. As hulle vertel van al die danse wat hulle deur die jare bygewoon het, sê Hannes “die dames staan tou as hulle sien ‘n man kan dans”.

Marlene rig nou al vir 12 jaar die ALBA koor af wat by aftree-oorde en kerke optree, en speel elke Sondag oggend klavier by die NG Kerk Wes. Verlede jaar het ALBA, Elvis se liefdesliedjies gesing en in 2015 gaan hulle bietjie humor insluit in die repetorium.

Marlene het op sewe al vir Johannesburg se Burgermeestersvrou klavier gespeel, en sy het ook baie jare vir ‘n balletskool en kunswedstryde gespeel. Sy het in die SAUK-, Truk Opera- and die Alberton Dameskoor gesing en vir 10 jaar sanglesse aangebied.

Hannes het ingeneurswese gestudeer. Die egpaar het vier kinders, vyf kleinkinders en vyf agter kleinkinders.

Hulle is baie gelukkig in die Alberton-Aftreeoord, waar hulle nou vier jaar woon, en geniet die mooi tuine en al die aktiwiteite. Die egpaar voel besonder geseënd om nog bymekaar te wees en tyd met familie en vriende te kan spandeer na soveel jare.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button