Die Pienaars vier 60 jaar saam
Salomon en Makkie Pienaar vier hulle diamant-huweliksherdenking
ALBERTON- Salomon en Makkie Pienaar het hulle 60ste huweliksherdenking gevier op 2 April.
In 1955 trou die twee nadat hulle by die Danie Theron Volkspele ontmoet het. Salomon was effe aan die skaam kant en het die dansleiers gevra om vir Makkie te vra om sy maat se wees vir die aand. Die koëel was deur die kerk en vandag het hulle twee kinders en drie kleinkinders.
Hulle bly al 10 gelukkige jare in die Alberton Aftree-Oord nadat Salomon vir 41 jaar vir die Stadsraad in die konstruksie-afdeling gewerk het.
Die egpaar het daarvan gehou om te toer en het veral Suid-Amerika, Mauritius en Namibië geniet. Vakansietyd was reistyd, en die Wildtuin en Balito was twee gunsteling bestemmings vir dié familie.
Tannie Makkie vertel met ‘n glimalg van die aand toe hulle nog jonk getroud was en sy die hek moes toemaak, Oom Salomon het die motor se wiele gespin en Makkie vol modder gespat. Die twee bevestig dat kommunikasie die geheim is van hul lang en gelukkige huwelik. Tannie Makkie sê; “Jy moet weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat oor dinge wat krap.”



