Local newsNews

Bejaardes bekroon vir buitengewone diens

Daar is in elke gemeenskap mans en vroue wat as gewone mense 'n buitengewone liefdesdiens aan ander lewer.

ALBERTON – Helpende Hand wil helde en heldinne (bo die ouderdom van 60 jaar) vereer. As hierdie beskrywing iemand wat jy ken soos ’n handskoen pas, is dit jou kans om jou helde-vriend te nomineer vir die Silwerkroon-toekenning 2015.

Dié toekenning word gegee aan ’n persoon wat:

* sestig jaar of ouer is (deelnemers moes minstens 60 jaar oud gewees het ten tyde van die buitengewone diens),

* gedurende die afgelope vyf jaar ander in hul gemeenskap versterk en ondersteun het, eenmalig of voortdurend,

* ‘n onbaatsugtige diens as lid van die liggaam van Christus lewer,

* werklik ‘n helpende hand in hul gemeenskap is, en

* nie voorheen in die top 10 van die Silwerkroon-toekennings was nie.

Inskrywingsvorms kan aangevra word van rene@helpendehand.co.za of by 012 644 4390, en ‘n inskrywingsvorm kan gepos of gefaks word. Nominasies sluit op 16 Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button