Local newsNewsSchools

Marais redenaars na die ATKV-Redenaars landfinaal

Gustav Prinsloo en Anuske Prinsloo, van die Hoërskool Marais Viljoen, het bewys dat praat in die skool jou nie altyd in die moeilikheid bring nie.

ALBERTON – Hulle het op 22 Mei aan die halfeindrondte van die ATKV-redenaarskompetisie vir Oos-Gauteng hoërskole deelgeneem.

Net die wenners in die verskillende kategorieë gaan deur na die finale rondte.

Gustav gaan na die finaal in die graad 10 tot 12 voorbereid-kategorie, en Anuske na die onvoorbereide-kategorie vir graad agt en graad nege.

Die finale rondte van die kompetisie word vanaf 20 tot 22 Augustus, by die Goudini Spa in Worcester, aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button