Die vrou is gemaak as hulp vir die man
Tydens die onlagse maandelikse byeenkoms van Alberton Damesklub het ds Paul Nel opgetree as gasspreker
ALBERTON – Baie dinge het deur die jare verander en een daarvan is beslis die vrou se rol in die samelewing.Tydens die onlagse maandelikse byeenkoms van Alberton Damesklub het ds Paul Nel opgetree as gasspreker.
Nel is van die Gereformeerde Kerk Brakenhof en hy het uitgewei oor wat God bedoel het toe Hy die vrou gemaak het.
In sy gesprek met die dames, het hy beklemtoon dat die Bybel baie duidelik daaroor is dat God die vrou gemaak het as hulp vir die man, en nie as sy baas nie.
In vandag se ko-operatiewe wêreld moet die vrou haar plig doen, in baie gevalle as broodwinner optree, en ook bestuursposte beklee. Die sagte dame van weleer het nou ongelukkig die jaagduiwel op die paaie geword.



