Local newsNews

Week van wonderwerke

Alberton Lewensentrum het van 1 tot 7 Junie hulle jaarlikse mini miracle week gehad en dié tyd gebuik om na die gemeenskap uittereik. 1230 Vrywilligers het dié week moontlik gemaak.

ALBERTON- Die Alberton Lewensentrum het van 1 tot 7 Junie hulle jaarlikse Mini Miracle Week gehou en dié tyd gebuik om na die gemeenskap uit te reik.

”Die 1 230 vrywilligers het na 21 organisasies uitgereik deur middel van 600 kos- en groentepakke wat aan ons gesinne voorsien is wat behoeftig is,” sê Andries Enslin, presiderende predikant by ALS.

”By die organisasies is daar hulp verleen aan algemene instandhoudingswerk, sowel as die voorsiening van kos en klere.”

Van die organisasies sluit in: Huis Kosmos, Huis Dawids, Rest Haven, Laerskool Randhart, Laerskool President Steyn, Laerskool Generaal Alberts, Montanus Laerskool, SAPS Brackendowns, Alberton Brandweer, Kibler Park Brandweer, ouetehuise, hospitale en ’n Blooddrive.

Onder andere is daar by die gemeenskap van Tweedelaan opknappingswerk gedoen, ter voorbereiding vir die koue winter wat nou voorlê. Die omstandighede waarin die mense daar verkeer is haaglik en die vrywilligers het ’n veilige en aangename omgewing geskep.

Die ”miracles” betrokkenheid strek verder as net ’n eenmalige betrokkenheid, die doel is om verhoudings te bou en elkeen van die organisasies stap al ’n lang pad saam met ALS.

Nuwe projekte sluit in ‘n bediening aan die trauma- en onkologieafdelings van die Unie en Clinton hospitale. Die doel van die week van welwillendheid is om God en mens liewer te hê en hierdie liefde prakties sigbaar te maak.

“Ons is baie bevoorreg dat ons lidmate se harte oop is as dit kom by die ontwikkeling van ons gemeenskap; ons sien uit na die talle uitreike wat hierop volg,” sê Enslin.

”Dankie aan ieder en elk wat betrokke was by ons ‘mini miracles’. Gaan kyk op ons webblad by www.als.org.za vir foto’s van die week se uitreike.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button