Local newsNews

Bloukraanvoël is die fokus van die Wildekastaiing VLU besprekings

Die dames van die Wildekastaiing VLU aandtak het 'n indiepte studie gedoen oor die nasionale voël, die Bloukansvoël, saam met Rina Mostert by hulle laaste vergadering 2 Junie.

ALBERTON-Die Wildekastaiings het hierdie maand sommer so in die hartjie van die dorp, bietjie nader aan die natuur gekom.

As deel van die VLU se omgewingsbewustheidsprojek, is dames van die Wildekastaiing VLU aandtak getrakteer met die geluide van Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël.

Rina Mostert het vir die dames ‘n opname van die “krraaakk” geluid wat dié voël maak gespeel en hulle het na ‘n plakboek met pragfoto’s van die voël in sy natuurlike habitat gekyk.

Om alles te bekroon het René Bredenhann, die nuwe Overvaal streeksvoorsitster, ook kom oë wys tydens die vergadering van 2 Junie.

As jy graag by die vrolike aandtak wil aansluit, maak gerus met Ilonka Brits kontak, by debtors@conron.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button