Local newsNews

Help hierdie woef opspoor

Op 14 Julie is, Dusty, ’n 4 maande oue terrier vermoedelik uit sy eienaars se tuin gesteel in die Florentia area. Skakel asseblief vir Hettie op 082 857 8066 indien jy die oulike woefie raaksien.

ALBERTON- Abigail Krause (8) se vier maande oue terrier, Dusty, het spoorloos uit die gesin se erf, in Florentia, verdwyn op 14 Julie.

“Ons almal is absoluut mal oor hom en hy is vir ons soveel meer as net ’n hondjie,” sê Hettie Krause, Abigail se ma.

Hettie vermoed dat Dusty uit die erf gesteel is omdat die hek blykbaar op ’n skrefie oopgeskuif was.

Die gemeenskap word versoek om Hettie te skakel by 082 857 8066 indien hul inligting oor die vermiste woef het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button