Wildekastaiings reik uit na behoeftiges
Op ‘n koue wintersoggend in Julie het die VLU Wildekastaiingtak die voorreg gehad om verskeie behoeftige mense te help!
ALBERTON- Die koue wintersoggend het nie lede van die Wildekastaiing VLU aandtak gekeer om na behoeftiges in ’n nabygeleë kamp uit te reik nie.
Behoeftige lede van die gemeenskap het elkeen ’n toiletware pakkie met ’n tandeborsel, tandepasta, badspons en -seep ontvang terwyl mammas spesiaal bederf is met ’n ekstra bottel handeroom. Die kinders het ook ’n pakkie lekkergoed en koeldrank ontvang.
Lede van die VLU-tak het ook gesorg dat al die magies vol is met ’n vetkoek met maalvleis en ’n vrug.
Harry en Heleen Smit van Christians in Action, het die bediening van God se Woord aan die gemeenskap gebring.
Dames wat wil inskakel by dié tak kan Ilonka Brits skakel by 083 326 7668.



