EntertainmentLifestyleLocal NewsLocal newsNews

Bobby kuier in Alberton

Die hele gemeenskap word uitgenooi om hierdie geselligheid saam met Bobby, vriende en familie op die hoërskool se rugbyveld te kom geniet.

ALBERTON — Liefling van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, Bobby van Jaarsveld, kuier op Vrydag, 18 September, in Alberton by Hoërskool Marais Viljoen.

Die hele gemeenskap word uitgenooi om hierdie geselligheid saam met Bobby, vriende en familie op die hoërskool se rugbyveld te kom geniet.

Al die fondse wat ingesamel word is ten bate van die Gereformeerde Kerk Alberton Wes en daar is verskeie bekostigbare pakkette vir die dag beskikbaar.

Teen slegs R700 ’n persoon kan jy jouself in die BBP tent tuismaak waar jy bo verwagting getrakteer sal word met ’n drie-gang maaltyd wat koffie, tee en koeldrank insluit. Tafels van 10 is beskikbaar vir groter besighede om hul kliënte te onthaal en selfs ook vir families en vriende wat wil saamkuier.

Semi-BBP kaartjies om in die voorste rye te sit beloop R200 per persoon terwyl gewone kaartjies slegs R100 per persoon is. Toeskouers word gevra om hul eie stoele saam te neem en beslis aangemoedig om te smul aan die liplekker hamburgers, worsrolle, pannekoek en koeldranke wat te koop gaan wees.

Vir BBP tent besprekings kontak Gawie van der Walt by 083 250 6216 of e-pos gawiev@gsinsurance.co.za en vir semi-VIP kaartjies skakel Yolandi van Wyk by 082 780 7384 of e-pos yvanwyk@vwcinc.co.za

Gewone kaartjies kan aangekoop word by Ascot Bedding and Furniture by die Lifestyle Centre in New Redruth (Vicky 011 907 6022), G&S Insurance Consultants (Gawie 082 342 6649), TSF Armed Response (Ilse 011 864 0008) Foresta Timber and Board (Norman 076 611 9136 or Andy 072 249 3359), Hoërskool Marais Viljoen, Laerskool Orion (Annet 083 235 9776), Bakgat Biltong in die Lemon Tree winkelsentrum (Ariska Zietsman 084 301 0428) of deur Computicket of op die dag by die hekke, wat om 17:00 open.

Verwante artikels:

• Put on your dancing shoes

• Celebrity fundraiser golf day

• Bobby and Gerhard join The Parlotones

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button