Local newsNews

Witgoud hou lentefees

Die Witgoud Bybelstudie groep van die NG Kerk-Wes het op 29 September ’n heerlike lentefees gehou vir al hul lede.

ALBERTON-Witgoud Bybelstudiegroep van die Alberton NG KerkWes, het op 29 September ’n heerlike lentefees gehou vir al die lede.

Die groep het braaivleis en lekkernye geniet en gekuier dat die biesies bewe. Die gasspreker, Veli Ndaba, het ’n oorsig gelewer oor sy boek, You are born to win, en Joey Basson het twee geestelike liedere, wat sy self gekomponeer het, en twee goue oues gesing. Die fees is gereël deur Ronnie Martin.

Die Witgoud Bybelstudiegroep ontmoet elke Woensdagoggend by die kerk. Om aan te sluit skakel Ronnie Martin, by 082 895 9616.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button