Community AnnouncementsLocal newsLocal NewsNews

KYK: R30 000 ingesamel vir vroeggebore drieling

’n Egpaar se onverwagte vierling het groot opslae gemaak toe hul dertienjarige boetie die baba’s moes help vang.

Meer as R30 000 is onlangs tydens ’n fondsinsamelingsinisiatief ingesamel om die ouers van ’n vroeggebore vierling met hul finansiële kostes te help.

Dié fondsinsameling, die eerste van nog baie wat beplan word, is by die Rietvlei Zoo Farm in Alberton vir die Emery gesin gehou.

SIEN VIDEO ONDER

Chantal Emery (34), van Constantia Kloof in Roodepoort, is sedert Junie vanjaar al verskeie kere in die nuus nadat haar vier seuns, Gabriel, Harvey, Daniel en Bradley hulle opwagting drie maande te vroeg gemaak het. Bradley is intussen oorlede.

Die hospitaal rekening het sedertien die hoogte ingeskiet het en al het die mediese fonds ingestem om die kostes van die drie oorlewende baba’s te dra sal die gesin self moet sorg om ’n kinderoppasser te kry wat Chantal sal help wanneer haar man, Rob, by die werk is.

HIEP HIEP HOERA! Moira Hepburn, Hayley Fasey, Sue Simpson, Deidre du Plessis en Marlene Urqhart het die fondsinsameling geniet.
HIEP HIEP HOERA! Moira Hepburn, Hayley Fasey, Sue Simpson, Deidre du Plessis en Marlene Urqhart het die fondsinsameling geniet.

Isabel Swart, ’n organiseerder vir die Warriors for Preemies-fondsinsameling, het gesê 350 mense het die dag saam met Chantal, Rob en hulle twee ander kinders, Joshua Binns (13) en Scarlet (3), in die son deurgebring waar daar verskeie prettige aktiwiteite aangebied was.

Isabel het gesê omdat die baba’s onverwags was en omdat Chantal in ’n rolstoel is ná ’n ongeluk haar in 2008 gedeeltelik verlam in haar onderlyf gelaat het, het hulle gedink ’n kinderoppasser wat haar bedags sal kan bystaan nodig sou wees.

Rob het aan die RECORD gesê hulle hoop om al drie die baba’s teen Desember by die huis te hê. Sover is nog net Daniel in die broeikas. Op die Facebook-blad, The Awesome Foursome Emery Boys, het die gesin laat weet dat dit goed met Daniel gaan en hulle is seker hy sal Harvey en Gabriel ook binnekort huistoe volg.

Die Emery-vierling het groot opslae gemaak toe Chantal, salig onbewus dat sy in kraam is, Josh se hulp moes inroep toe sy die eerste baba sien nadat sy die badkamer besoek het.

PERDERUITER: Joshua Binns geniet die dag se aktiwiteite wat by die Rietvlei Zoo Farm gehou is.
PERDERUITER: Joshua Binns geniet die dag se aktiwiteite wat by die Rietvlei Zoo Farm gehou is.

Josh het haar gehelp om drie baba’s die lewe in te bring totdat ’n vierde baba, wat dokters nie in sonar skanderings opgetel het nie, by die hospitaal gebore is.

Wat die storie so uniek maak is dat dokters eers voorspel het dat Chantal nie weer kinders sal kan baar na Scarlet nie.

“Die swangerskap het in Januarie vanjaar as ’n verrassing vir ons gekom,” het sy gesê.

Vir ‘n gallery van foto’s kliek hier: Pretdag vir Emery-drieling

Soortgelyke artikel:

• FOTO’S: Braai en kuier ten bate van kankerlyer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button