ALBERTON — Alberton matrikulante het vanjaar weereens spoggerig gelyk by hul matriekafskeide.
MOEG GEPLOEG: Rouxle le Roux en Morné Ritz van Hoërskool Dinamika het by hulle matriekafskeid die oë laat rek toe hulle in hierdie groot trekker opgedaag het.
WAT ‘N PAARTJIE: Marilize Laubscher en Neil Jacobs van Hoërskool Dinamika.
DIS HIER: Carla Nel en Benjamin Smith van Hoërskool Marais Viljoen het heel jaar uitgesien na hul spesiale aand.
MOOI IN PERS: Alyssa Passmore van Hoërskool Dinamika en haar metgesel is uitgevat en gereed vir die matriekafskeid.
OP DIE ROOI TAPYT: Estel Dippenaar en Dwane Clark van Hoërskool Alberton skitter in helderblou.
SEEBLOU: Cassidy van Wyk, ‘n matrikulant van Alberton High School en haar metgesel, Brad Bedser, lyk elegant.
GELUKKIG: Simone du Plessis van Hoërskool Marais Viljoen en haar metgesel, Kevin Johnson.
OPGEWONDE: AJ van Rooyen en Daniella Rocha van Hoërskool Marais Viljoen glimlag vir die kamera.
GROOT AAND: Daniela Xavier en Stelian Georgiev van die School of Achievement, het hul matriekafskeid wat by Emperors Palace gehou is, behoorlik geniet.
PRAGTIG: Tayla Zurfluh en Keagan de Klerk van Hoërskool Marais Viljoen kan nie wag om in dié spogmotor by hulle matriekafskeid op te daag nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!