Jaco is die beste van die beste
Jaco Kriel is vereer as die Goue Leeus se speler van die jaar, die ondersteuners se speler van die jaar sowel as die spelers se speler van die jaar tydens die rugbyunie se jaareindfunksie.

Jaco Kriel, wat gedurende 2011 in die Alberton klubtrui uitgedraf het, is vereer as die Goue Leeus se speler van die jaar, die ondersteuners se speler van die jaar sowel as die spelers se speler van die jaar tydens die rugbyunie se jaareindfunksie wat Woensdagaand by Carnival City gehou is. Jaco het die Leeus aangevoer tot hul eerste Curriebeker wen sedert 2011. Warren Whiteley en Rohan Combrink is bekroon as onderskeidelik die beste voor- en agterspeler.



