VERLIG: Lindie Janse van Rensburg, die skool se top presteerder, spog met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 88.1 persent en sê dis ’n groot verligting om nou klaar te wees na al die jare se hard werk. “Mens moet reg deur die jaar hard werk as jy verwag om te presteer”, het sy gesê.
Hoërskool Dinamika is baie trots op die klas van 2015, wat ‘n 100% slaagsyfer behaal het. Harde werk, ure se studeer en die hulp van toegewyde personeel het verseker dat die 2015 matrieks behoorlik uitgeblink het. Dinamika leerlinge het besondere prestasies behaal, en die skool spog met vyf leerlinge met ’n A-gemiddeld en 20 leerlinge wat ’n B-gemiddeld losgeskryf het.
Twee leerlinge, Lindie Janse van Rensburg (88 persent gemiddeld) en Ruan Beukes (87 persent gemiddeld) het beide sewe onderskeidings verwerf. Liori Louw het vyf onderskeidings gekry en die volgende ses leerlinge het elk vier onderskeidings behaal: Dominique White, Michael Botha, Dian Vermaak, Chantelle Weerheim, Shaunel Pretorius en Naresha Williams.
Morne Ritz het geslaag daarin om ’n gemiddeld van 93 persent vir wiskunde te behaal.
Die klas van 2015 verwerf verder ook 95 vakonderskeidings (10 vir beide wiskunde en Engels) en 151 B-simbole met ’n algehele groep gemiddeld van 58 persent. Vier-en-vyftig persent van Hoërskool Dinamika se leerlinge het ook geslaag met universiteitsvrystelling.
Die skool is voorwaar trots op elke leerling se individuele prestasies en toewyding.
GELUKKIG: Ruan Beukes, kort op die hakke van Lindie, het ook sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 87.7 persent bereik. “Ek voel ek het alles bereik wat ek wou in my skoolloopbaan, ek is nou net ongelooflik, onbeskryflik gelukkig dat ek na 12 jaar se harde werk klaar is. Ek sou dit nie sonder die ondersteuning van my familie kon doen nie.”
VERLIG: Lindie Janse van Rensburg, die skool se top presteerder, spog met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 88.1 persent en sê dis ’n groot verligting om nou klaar te wees na al die jare se hard werk. “Mens moet reg deur die jaar hard werk as jy verwag om te presteer”, het sy gesê.
PRESTEERDER: Chantelle Weerheim spog met vier onderskeidings.
LANG URE AGTER DIE BOEKE: Dian Vermaak het vier onderskeidings verower.
NOMMERS: Morné Ritz is Hoërskool Dinamika se top wiskunde presteerder met ’n onoorwonne gemiddeld van 93 persent.
HARDE WERK: Liori Louw het vyf onderskeidings behaal en blink uit met ’n gemiddeld van 83 persent.
SLIMKOP: Shaunel Pretorius het vier onderskeidings losgeskryf.
ONDERSKEIDINGS: Dominique White het vier onderskeidings en ’n gemiddeld van 82 persent losgeskryf.
MATRIEK UITBLINKER: Naresha Williams het vier onderskeidings behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!