Local newsLocal sportNewsSport

Alberton man word weereens Wêreld Meesterskampioen in stoei

Chris Sutton palm sy derde Wêreld Stoei Kampioenskapstitel in.

By die Wêreld Meesters Stoei Kampioenskappe wat gedurende 2015 in Athene, Griekeland gehou was, was daar twee Suid-Afrikaanse stoeiers in aksie.

Tydens dié kampioenskappe is beide die “Vrystyl” en “Grieks-Romein” stoeistyle aangebied. Chris Sutton van Alberton en Johan Lombard het albei aan die “Vrystyl” deelgeneem.

Chris het in katogorie D in die gewigs afdeling 85-97kg deelgeneem en in drie wedstryde gestoei wat hy almal oortuigend gewen het om deur te dring na die finaal.

In die finaal het Chris ’n harde wedstryd teen Davoud Baninosrat van Iran gehad. Davoud was al voorheen drie keer wêreldkampioen, en hul het albei op ses punte elk geëindig.

Chris het die wedstryd gewen omdat hy die laaste punte tydens die wedstryd aangeteken het en sodoende sy derde Wêreld Meesters Stoei Kampioenskapstitel ingepalm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button