Heerlike pannekoek te koop
DIT is weer tyd om jou bestelling te plaas vir daardie smullekker pannekoek wat deur die “A-Team”-dames van die Alberton Aftree-Oord gebak word. Die groepie is weer hard aan die werk en bestellings kan vir elke tweede Maandagoggend vir die volgende drie maande geplaas word. Bakdae is soos volg: 1 en 15 Februarie, 7 Maart, …

DIT is weer tyd om jou bestelling te plaas vir daardie smullekker pannekoek wat deur die “A-Team”-dames van die Alberton Aftree-Oord gebak word.
Die groepie is weer hard aan die werk en bestellings kan vir elke tweede Maandagoggend vir die volgende drie maande geplaas word.
Bakdae is soos volg: 1 en 15 Februarie, 7 Maart, 4 en 18 April.
Bestellings vir pannekoeke, jaffels, kerrie-en-rys en vetkoeke kan telefonies geplaas word op ’n Vrydag voor bakdae by Cathy of Renie by 011 907 8641 of per faks gestuur word na 086 618 9955.
Die Aftree-Oord is geleë in 45 Kritzingerweg, Florentia.



