Local newsNews

Afriforum stig Alberton-tak

KALLIE Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, sal die Alberton-gemeenskap aangaande die belangrikheid van ’n plaaslike AfriForum-tak toespreek en verduidelik waarom dit broodnodig is dat die gemeenskap aktief aan plaaslike takstrukture deelneem. Die stigting van AfriForum se Alberton-tak sal direk daarna plaasvind. AfriForum is ’n nie-politiese burgerregte-organisasie sonder winsoogmerk. Die organisasie poog om gemeenskappe te …

KALLIE Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, sal die Alberton-gemeenskap aangaande die belangrikheid van ’n plaaslike AfriForum-tak toespreek en verduidelik waarom dit broodnodig is dat die gemeenskap aktief aan plaaslike takstrukture deelneem. Die stigting van AfriForum se Alberton-tak sal direk daarna plaasvind.

AfriForum is ’n nie-politiese burgerregte-organisasie sonder winsoogmerk. Die organisasie poog om gemeenskappe te ondersteun en te bemagtig om kwessies soos plaaslike regering, veiligheid en omgewingsake op plaaslike vlak aan te spreek. AfriForum ondersteun reeds 120 takke landswyd, waarvan Alberton die jongste is.

“Gemeenskappe, spesifiek minderheidsgemeenskappe, se grondwetlike regte word daagliks geskend. Ons kan nie langer toekyk hoe ons dorpe en gemeenskappe onder ’n totale verval weens wanbestuur en wanadministrasie gebuk gaan nie. Ons moet as gemeenskap self die leisels neem en self optree waar die plaaslike regeringstrukture hulle plig versuim,” het Charles Castle, die provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid, gesê.

Die stigtingsvergadering word op Maandag, 8 Februarie, om 18:00 by Alberton Rugbyklub, hoek van Braunstraat en Elandsfonteinweg in Alberton gehou. Indien jy die vergadering wil bywoon, kontak vir Castle by 074 589 3589.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button